

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 January 2007
Twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is op 4 Januarie strawwe vonnisse opgelê, nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle ‘n Nyala onwettig in die Kruger Nasionale Wildtuin gejag het.
Weermaglede Stanley Ncube (49) en Richard Sishlangu (34) is aangekla, nadat ‘n Nyala-karkas in die veld opgemerk is en dele van die bok in hul besit gevind is. Hulle het op 2 Junie verlede jaar die eerste keer in die hof verskyn.
Beide Ncube en Sishlangu is elk tot ‘n R5 000 boete of 12 maande gevangenisstraf gevonnis.

ADVERTISEMENT:
