

ADVERTISEMENT:

News Date: 19 January 2007
Die vier verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik was vir die gewapende roof van ‘n Coin-sekuriteitsbeampte voor ABSA Bank einde verlede jaar, se borgaansoek het Dinsdag voor die hof op Makhado (Louis Trichardt) gedien.
Die vier verdagtes, Bongani Josua Maschinini (31), Wellington Ncube (32), Daniël Themba Matiwane (28) en Mbengeni Abel Rambau (39), het na bewering ‘n bedrag van R196 000 van die sekerutietsbeamptes geroof. Hul borgaansoek is egter uitgestel tot Woensdag, 24 Januarie. Intussen sal die verdagtes in aanhouding bly.

ADVERTISEMENT:
