ADVERTISEMENT:

 

Zimbabwiër loop rieme styf met polisie

 

News  Date: 19 January 2007

 

Die 24-jarige Maxwell Sithole van Zimbabwe het Maandag in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op ‘n klagte van poging tot roof.

Sithole en twee ander verdagtes het na bewering ‘n man naby die inligtingsentrum op die N1/Songozwistraat-kruising gegryp, terwyl die man onderweg was dorp toe.

Die drie mans was na bewering nog in die proses om die man te beroof, toe lede van die polisie in ‘n verbygaande patrollievoertuig die voorval sien plaasvind het. Van die polisiebeamptes het uitgespring en Sithole is aangekeer.

Tydens Sithole se verskyning in die hof het dit aan die lig gekom dat hy ‘n vorige veroordeling vir huisbraak teen hom het. Intussen is die poging-tot-roof saak teen hom uitgestel tot Woensdag, 31 Januarie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines