ADVERTISEMENT:

 

Mev. Bets Meyer van Makhado (Louis Trichardt) vertoon die klein swart paddavissie (links onder in die glas) wat sy vandeesweek deur haar kombuiskraan ontvang het. Sy sê hy was nog lewendig toe hy aangekom het.

Paddavis in drinkwater laat owerhede kopkrap

 

News  Date: 26 January 2007

 

‘n Paddavis uit jou kombuiskraan?

Dié onaangename verrassing het vroeg vandeesweek sy opwagting gemaak by die woning van mev. Bets Meyer en het kundiges aan die kopkrap.

Mev. Meyer sê sy was besig om jellie te maak en het ‘n koppie koue water uit die kraan getap, toe dié onverwagte bestanddeel sy opwagting uit die kombuiskraan maak!

"Gelukkig was dit ‘n spierwit koppie en was die swart paddavissie dus onmiddellik duidelik sigbaar," sê mev. Meyer. Sy sê die paddavissie het aanvanklik nog gelewe.

Mnr. Freddie Mamuremi van die Makhado Munisipaliteit het by navraag gesê die voorval is onverklaarbaar. Hy sê die hoof munisipale watertoevoer kom wel met aansienlike dik pype, maar in die verspreidingsnetwerk is die teenwoordigheid van so iets teoreties onmoontlik.

"As die water vanaf ons reservoir kom en deur ons meter na mev. Meyer se kombuiskraan moes beweeg het, is daar geen manier waarvan ek weet hoe dit lewend kon wees en by die kraan kon uitkom nie. Daar is chemiese en meganiese faktore wat so iets onmoontlik sou maak. Die chloorbehandeling van al die water wat in die dorp versprei word, sou so iets doodmaak en die finale fyn suiweringsiffie wat voor alle watermeters aangebring word, sou verhoed dat dit fisies kon deurgaan na die huis se kraan."

Hy sê die munisipaliteit sou graag behulpsaam wees met ‘n ondersoek na die betrokke meterinstallasie om vas te stel hoe dit kon gebeur. Uit al die gegewens tot sy beskikking is dit vir hom onverklaarbaar.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines