ADVERTISEMENT:

 

Lasbrief uitgereik vir arrestasie van ses melkery-betogers

 

News  Date: 26 January 2007

 

Lasbriewe is vandeesweek deur die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) uitgereik vir die arrestasie van die ses betogers wat teregstaan op klagte van openbare geweld en intimidasie, na ‘n staking by Limpopo Melkery verlede jaar.

Vyf betogers, Joyce Takalani Nkhumaleni (43), Douglas Fulufhelo Mulavhamu (29), Lucy Muwenda (33) Tshitereke Tshivhase (46) en Collson Tshiafhila (46), is aangekla van openbare geweld, terwyl ‘n sesde beskuldigde, Phillemon Musweswe (42), aangekla word van intimidasie, nadat hy na bewering ‘n dreigende faks aan eienaars van Limpopo Melkery gestuur het.

Die saak teen die ses beskuldigdes sou Dinsdag, 23 Januarie, voortgaan, maar kon nie aangesien al ses versuim het om by die hof op te daag. Lasbriewe vir hul arrestasie is daarna uitgereik.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines