

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 January 2007
‘n Baie astrante boef het Dinsdag ‘n werknemer van Compro IT in Makhado (Louis Trichardt) heel in die war gelaat.
Volgens Hendrik Coetzee was hy besig om ‘n e-pos boodskap te stuur, toe hy iemand agter hom in die kantoor hoor vroetel. Hy sê hy het eers gedink dit is moontlik Shaun, sy bestuurder, en het na hom geroep.
Daar was egter geen antwoord nie en Hendrik het agter na Shaun se lessenaar gestap. Groot was sy verbasing toe ‘n onbekende man met Shaun se skootrekenaar en verskeie ander items skielik om ‘n hoek uitgestap kom.
Hendrik sê die man het hom doodeenvoudig uit die pad gestamp en rustig by die voordeur uitgestap. Alhoewel Hendrik vir die man geskreeu het dat hy moet stop, het die booswig doodeenvoudig sy arm met minagting agtertoe geswaai as teken dat Hendrik hom moet uitlos.
Die hulp van die dorpswag is ontbied om te help om die man aan te keer. Die soektog na die man het egter niks opgelewer nie.

ADVERTISEMENT:
