

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 January 2007
Drie Zimbawiese mans het Dinsdag in die streekhof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op ‘n reeks aanklagte.
Die drie, Promise Sibanda (18), Victor Dube (23) en Oneas Tshengete (18), verskyn almal op ‘n klagte van huisbraak op 25 Desember, 2004. Hulle word daarvan aangekla dat hulle twee vuurwapens, ‘n .38-rewolwer en ‘n Enfield-geweer, twee selfone en ‘n bedrag van R18 000 tydens hul huisbrak e gesteel het.
Sibanda word egter verder aangekla van poging tot moord en gewapende roof op 24 April, 2005, toe hy na bewering drie vrouens, wat op ‘n plaas werksaam is, aangeval het. Hy het blykbaar op die vrouens geskreeu, waarna hulle in ‘n kamer weggekruip het. Sibanda het na bewering daarna ‘n skoot deur die deur afgevuur en toe die deur oopgeskop. Twee van die vrouens is gelyk in hul bene gewond, waarna Sibanda na bewering die derde weggesleep het om verkrag te word. Later, word daar beweer, het Sibanda teruggekom en ‘n radio, selfone en geld geroof.
Die polisie het Sibanda in 2 Mei, 2005, aangekeer waar hy by die munisipale asgate geskuil het. Daarna het Sibanda twee vuurwapens aan die polisie uitgewys, waaronder die gesteelde .38-rewolwer.
Die ander twee verdagtes is op 8 Mei, 2005, op dieselfde plek gevang waar Sibanda geskuil het. Dube en Tshengete het ook twee wapens uitgewys, waaronder die Enfield-geweer.
Die saak teen die drie is uitgestel tot 19 en 20 Maart vir verdere verhoor.

ADVERTISEMENT:
