ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Lordwick Muenda, bestuurder van Checkers, wys na die verstopte dreineringstelsel – die oorsprong van die stank by Checkers.

Checkers nie verantwoordelik vir die “klankie” nie

 

News  Date: 02 February 2007

 

Die aaklige stank waaroor talle besighede en inwoners op die hoek van Songozwi- en Munnikstraat die afgelope paar maande kla, is toe al die tyd nie te danke aan Checkers nie.

Die stank was veral weer erg op 18 Januarie toe besigheidseienaars die Zoutpansberger gevra het om ondersoek te kom instel. Volgens die personeel van die ondernemings Singer en die Kunsblik sukkel hulle al van verlede jaar af met die stank. Die probleem, sê hulle, blyk erger te wees op reënerige dae, wanneer opgedamde water vanaf die laaizone by Checkers straataf vloei. Aangesien die stink water uit Checkers se rigting kom het baie toe sommer aangeneem hulle is die sondebokke.

Die teendeel is egter waar en Checkers is nie die oortreders nie.

Volgens mnr. Lordwick Muenda, plaaslike bestuurder van Checkers, is hy bewus van die water wat in hul laaisone opdam en, sê hy, het Checkers al verskeie briewe aan die munisipaliteit gerig om die probleem te kom oplos. Die rede waarom die water opdam, het mnr. Muenda verduidelik, is as gevolg van ‘n verstopte dreineringstelsel. Water wat in die stelsel beland kan nie dreineer nie en begin gevolglik vrot. Sodra daar ‘n wind opkom, dit baie warm is of die stelsel oorstroom, beland die vrot water dus in die straat, tot groot ongerief vir almal. Mnr. Muenda het gesê hy is baie ongelukkigheid oor die munisipaliteit se swak reaksie op sy briewe.

Die Makhado Munisipaliteit se Direkteur Tegniese Dienste, mnr. Masindi Mapholi, het by navraag gesê hy is onbewus van die probleem. Hy het gesê hy sal dadelik ‘n span uitstuur om te gaan vasstel wat presies die probleem is. Mnr. Mapholi het onderneem dat daar daadwerklik binne die volgende week aandag gegee sal word aan die probleem en het weereens inwoners uitgenooi om persoonlik met hom te skakel by tel. 083 678 0658 met klagtes.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines