

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 February 2007
Tshililo Edward Nemudivhiso (27) het Maandag in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op verskeie klagte van bedrog en diefstal, asook huisbraak met die opset om te steel, nadat dossiere uit ‘n polisiekantoor verdwyn het.
Nemudivhiso word onder andere daarvan aangekla dat hy tjekblaaie gesteel het, waarna hy die handtekeninge daarop vervals het, asook die diefstal van ‘n voertuig. Hy is later ook van huisbraak met die opset om te steel aangekla, ná ‘n inbraak by die kantoor van die polisie se ondersoekbeampte wat die saak ondersoek, op 17 Januarie.
Verskeie dossiere is tydens die inbraak gesteel. Nemudivhuso is egter dadelik uitgesonder as die verdagte, aangesien al die dossiere wat verdwyn het, sy saakdossiere was.
Die saak teen Nemudivhiso is uitgestel tot Maandag, 5 Maart.

ADVERTISEMENT:
