ADVERTISEMENT:

 

Hittegolf laat kwik styg,terwyl sikloon dreig

 

News  Date: 23 February 2007

 

Hittegolftoestande hou aan oor groot dele van die land, insluitende Limpopo.

Februarie is sover versengend warm in die omgewing. By die Messina Weerstasie is temperature van 40ºC aangeteken op 6, 9, 11 en 16 Februarie.

Mara Weerstasie berig ‘n maksimumtemperatuur van 38ºC op 4 Februarie, met 36º op 5, 6, 9 en 11 Februarie. Levubu se warmste dae in Februarie sover was op die 11de en 16de toe die kwik ook tot 36ºC gestyg het.

Intussen is ‘n nasionale waarskuwing weereens hierdie week op die Suid-Afrikaanse Weerburo se webtuiste gepubliseer. Daar is gewaarsku teen baie warm en bedompige toestande met gevaarlik-hoë ongemaksvlakke. Wegholbrande vorm ook ‘n bedreiging.

Limpopo, asook Gauteng, Noordwes, en die noordelike Vrystaat se uiters warm en bedompige toestande sal, volgens die weerburo, teen Vrydag begin verbeter.

"Die ergste verhitting in Suider-Afrika word in die noordelike dele voorspel, met ‘n styging in temperatuur van tot 3% teen die middel van die volgende eeu," het die Landbouweekblad se webtuiste reeds lankal gesê.

‘n Afname van tot 10% in reënval in die somerreëngebiede word voorspel.

"Dít sal gepaardgaan met ‘n groter voorkoms van droogte en vloede, met tye van uitgerekte droogtes wat deur hewige storms gevolg word," aldus Landbouweekblad.

Die voorkoms van tropiese siklone neem toe in aantal en in intensiteit, met meer warm dae en hittegolwe oral ‘n verskynsel. Die tropiese sikloon Favio is tans in die Indiese Oseaan en veroorsaak die huidige vloede in Mosambiek. Die sikloon sal na verwagting Zambië, Malawi en dele van Zimbabwe, Limpopo, die Krugerwildtuin en Mpumalanga beïnvloed as dit tref.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines