

ADVERTISEMENT:

News Date: 23 February 2007
Die Soutpansberg Dorpswag het op 7 Februarie tydens ‘n algemene vergadering van lede ‘n nuwe bestuur verkies.
Joe Fourie is ingestem as nuwe voorsitter met Dirk Meissenheimer as ondervoorsitter en sektorleier in Sierra Alfa. Marie Koertzen sal optree as tesourier met Hannetjie Stadler as sekretaresse. Jean du Plessis en Andries van Zyl behou hulle amp as beheerbeamptes, met Jannie van Zyl as addisionele lid, Jaco van Zyl as sektorleier van Sierra Bravo en Dave du Preez as sektorleier van Sierra Charlie. Tobie van den Heever is verkies as radiobeheerbeampte. Jannie, te same met ds. Phillip Venter en Peet Visser, sal optree as insident-bestuurders.
Inwoners wat reeds nie betrokke is met patrollie ry of maandelikse finansiële bydraes nie, word versoek om hul steun aan die dorpswag te gee. Dit is belangrik om te onthou dat die dorpswag ‘n nie-winsgewende gemeenskapsprojek is en nie sonder donasies hul stryd teen die meedoënlose aanslag van misdaad kan voortsit nie. Mense wat betrokke is by die dorpswag offer bietjie van hulle slaap, tyd en brandstof op met die ry van patrollies in die aande om die veiligheid van inwoners te verseker.
Inwoners wat nie wil of kan patrollie ry nie, is welkom om finansieel by te dra. Die fondse word aangewend vir die aankoop van toerusting vir die gebruik van dorpswaglede, asook ter betaling van die maandelikse fooie vir die radio’s wat goedgunstiglik deur die Soutpansberg Kommando Trust aan die dorpswag beskikbaar gestel is. Persone is welkom om te eniger tyd die finansiële state van die dorpswag te bestudeer deur slegs te skakel met die tesourier by onderstaande nommer.
Geldelike bydraes kan op enige wyse inbetaal word, selfs deur middel van die Internet. Inbetalings kan gedoen word by ABSA Bank. Die rekeninghouer is die Zoutpansberg Dorpswag met spaarrekeningnommer 91 6426 1737. Persone wat reeds betalings maak word versoek om hul state met bogenoemde nommer te kontroleer.
Indien lede van die publiek die hulp van enige bestuurslid benodig, kan hulle vir Joe skakel by 082 338 2755, Dirk by 082 789 3927, Marie by 082 437 0747, Hannetjie by 083 589 8366, Jannie by 082 853 1814, Andries by 082 603 2419, Jean by 082 857 9172, Tobie by 082 825 2536 of Phillip of Peet by 083 444 7672.
Die sektorleiers kan geskakel word om betrokke te raak of om probleme en verdagte aktiwiteite binne ‘n sektor te rapporteer. Dirk (Alpha) se nommer verskyn reeds in die vorige paragraaf. Jaco (Bravo) se nommer is 082 853 1682 en Dave (Charlie) se nommer is 076 168 5000.

ADVERTISEMENT:
