

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 March 2007
Ten spyte van verskeie arrestasies die afgelope paar maande ten opsigte van koperdraaddiefstal, is dit duidelik dat die booswigte glad nie hierdeur afgeskrik word nie.
Talle munisipale, maar ook ‘n privaatinstillasie, het die afgelope week deurgeloop.
Berig is ontvang dat booswigte Vrydag, 23 Maart, die Vodacom-basisstasie by die Hendrik Verwoerd tonnels van koperdraad gestroop het. Toegang tot die stasie is verkry deur doodeenvoudig die deure van die gebou oop te breek. Na wat verneem word is dit die vyfde keer in twee maande dat die basisstasie geteiken word deur inbrekers.
Dinsdagoggend het personeel by die munisipale perdestalle opgemerk dat diewe gedurende die nag ‘n reuse transformator agter die stalle afgebreek en oopgekap het op soek na die waardevolle koper. Heelwat koper is deur die booswigte agtergelaat, maar die transformator is so erg beskadig dat dit in geheel vervang moes word.
Male sonder tal is mense, hetsy deur die munisipaliteit of polisie, al gewaarsku om nie koperdraad te steel nie, nie net omdat dit teen die wet is nie, maar ook omdat dit uiters gevaarlik is. ‘n Voorval by die substasie op die hoek van Grobler- en Pretoriusstraat was Woensdagoggend ‘n sprekende voorval van juis hoe gevaarlik dit is.
Nuus is ontvang dat booswigte deur die nag een van die twee transformators binne die toegespande substasie van koper gestroop het. Met die munisipaliteit se aankoms op die toneel het hulle ‘n plas bloed en ‘n stuk verbrande mensvel onder van die hoogspanningskabels opgemerk. Dit blyk dat een van die booswigte per ongeluk aan ‘n lewendige draad geraak het tydens die diefstal. Daar was geen teken van die persoon nie, maar dit is duidelik dat hy baie seer gekry het.
Inwoners is weer versoek om die polisie te skakel met enige inligting wat kan help om koperdraaddiewe en die persone wat gesteelde koperdraad koop, vas te trek.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
