ADVERTISEMENT:

 

Verdagtes in Pretorius-moord se saak weer uitgestel

 

News  Date: 02 March 2007

 

Die twee moord en roof verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle mev. Ria Pretorius in Januarie vanjaar vermoor het, Vrydag, 23 Februarie, weer in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn.

Die 44-jarige mev. Pretorius is op 2 Januarie verskeie kere geskiet, waarna sy beroof is.

Die twee verdagtes is Pophi Mudau (36) en Jeffrey Tshimaagadza Mudau (34).

Pophi is kort na die moord en gewapende roof aangekeer, nadat hy na bewering ‘n besigheidsman beroof het en sy voertuig se nommerplaat op die toneel verloor het. Jeffrey is aangekeer nadat Pophi inligting aan die polisie verskaf het. ‘n Derde verdagte is deur die polisie doodgeskiet, nadat hy op die polisie geskiet het toe hulle probeer het om hom te arresteer.

Die twee se saak is uitgestel na Dinsdag, 13 Maart, in afwagting op ‘n hooggeregshofdatum.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines