ADVERTISEMENT:

 

Ou roofsaak na ses jaar weer in die hof

 

News  Date: 02 March 2007

 

‘n Roofsaak van net oor die ses jaar oud het vandeesweek weer voor die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) voorgekom.

Die saak spruit uit ‘n voorval op 29 November, 2000, toe gewapende rowers ‘n bedrag van net oor die R7 200 by Savewell geroof het. ‘n Polisie-dienspistool is na bewering in die roof gebruik.

Vier verdagtes, David Mbulaheni Rambevha (28) van Johannesburg, Reuben Moraka Tshivhule (27) van Bochum, Manodli Khoza (23) van Thembiza en William Machetla Ramaloko (28) van Kemptonpark, is in verband met die roof aangekeer en voor die hof gebring. Die saak is egter destyds voorlopig teruggetrek.

Drie van die vier het op 22 Februarie weer hier in die hof verskyn op klagte van roof, nadat die saak weer geopen is. Rambevha, ‘n polisieman van die Johannesburg-omgewing, het nie verskyn nie, aangesien hy reeds in Maart 2002 aan ‘n chroniese siekte oorlede is.

Die saak teen Tshivhule, Khoza en Ramaloko is uitgestel tot Donderdag, 15 Maart.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines