

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 October 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Besigheidseienaars in die toerismebedryf, veral eienaars van gastehuise, word gewaarsku om nie te val vir ‘n nuwe slenter om hul uit hul geld te kul nie.
Volgens die polisie word die slenter vermoedelik deur Zimbabwiërs en Nigeriërs bedryf. Alhoewel hul landswyd mense met die slenter probeer uitvang, was daar talle voorvalle ook by gastehuise in en om Louis Trichardt. Gelukkig het niemand in hierdie stadium egter vir die slenter geval nie.
Die verdagtes sal ‘n gastehuis telefonies skakel en ‘n bespreking doen. Hulle betaal dan die volle bedrag in die gastehuis se rekening in en ‘n sommige gevalle self baie meer as wat nodig is. Kort na die inbetaling sal hulle egter die gastehuis skakel en die bespreking kanselleer en vra dat hul geld aan hulle terug betaal moet word. In ander gevalle vra hulle dat die geld wat “per ongeluk” te veel oorbetaal is, aan hulle terug betaal moet word. Hulle sal dan vals rekeningbesonderhede verstrek waarna die geld terugbetaal moet word. Eers later wanneer die gastehuis die geld terug betaal het, kom die gastehuiseienaar egter agter dat die geld in die eerste plek nooit in sy rekening inbetaal is nie. Dit kom ook dan eers uit dat die kontant tjek en/of inbetalingstrokie vervals is.
Die polisie het gastehuis eienaars versoek om versigtig te wees wanneer persone betaalreëlings per telefoon tref. Daar moet seker gemaak word dat die geld wel as “kontant” inbetaal word, veral as hulle nie seker is oor ‘n kliënt nie.
Vir meer inligting, skakel insp. Jaco Crause by tel. 084 652 9615 of sers. Kruger by tel. 519 4330/1.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
