

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 March 2007
‘n Egpaar van Musina het Dinsdag in die streekhof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op klagte van die besit en vervaardiging van kinderpornografie.
Die egpaar is deur lede van die polisie gearresteer kort nadat iemand hulle by die polisie gerapporteer het. Daar word beweer dat die egpaar ‘n paar jaar gelede ‘n 14-jarige meisie gebruik het om vir verskeie eksplisiete tonele te poseer, sodat foto’s van haar geneem kan word.
Die saak teen die egpaar is uitgestel na Dinsdag, 3 April, vir verhoor en die aanhoor van getuienis.

ADVERTISEMENT:
