

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 March 2007
n Jeugdige lid van ‘n bekende plaaslike sakegesin, Wimpie McDermot, is verlede Saterdag ernstig beseer in ‘n motorongeluk.
Wimpie (25) verkeer in die waakeenheid van ‘n hospitaal in Polokwane, nadat hy veelvuldige ernstige besering opgedoen het. Volgens aanduidings was hy ‘n passasier in ‘n bakkie wat digby Makhado (Louis Trichardt) die pad vanaf Madombidzha verlaat het en verskeie kere gerol het.
Die ongeluk het gedurende die vroeë oggendure van Saterdag (3de) plaasgevind. Volgens omstanders is die ernstig-beseerde Wimpie sowat 50m vanaf die erg-beskadigde motorwrak bewusteloos aangetref. Volgens pastoor Johan van Rensburg, wat as segspersoon vir die gesin optree, is Wimpie aanvanklik in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal gestabiliseer, voordat hy Sondag na die waakeenheid in Polokwane oorgeplaas is.
Hy het ernstige breinswelling en is onder swaar verdowing. Sy hartklop is onreëlmatig en hy is aan ‘n dialise-masjien gekoppel om sy nierfunksies aan te help. Hy het ‘n gebreekte bekken, versplinterde ribbes aan die regter- en linkerkant en sy een long is geskeur. Daar is ‘n diep sny aan sy linkerarm wat geheg moes word.
Wimpie was ten tyde van die ongeluk alleen tuis, terwyl sy ouers by sy getroude suster in Middelburg gekuier het. Sy vader, mnr. Johan McDermot, is die bestuurder van die Zoutpansberg Meule op Makhado (Louis Trichardt).
Pastoor Van Rensburg sê die gesin het groot waardering vir die gemeenskap se deernisvolle, meelewende reaksie, hul gebede en die stroom van bemoedigende boodskappe wat ontvang word.
Pogings is ook reeds aan die gang om ‘n bystandsfonds tot stand te bring om die gesin te help met die mediese kostes wat reeds reuse bedrae beloop.
Mense wat belangstel om te help kan Riaan Louw by 082 379 8769 skakel.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
