ADVERTISEMENT:

 

Oom Was Nel staan by sy twee honde, Seun en Beertjie, wat Woensdagoggend dood gevind is buite hul plaaswoning.

Bejaarde egpaar op plaas se honde vergiftig

 

News  Date: 09 March 2007

 

‘n Bejaarde egpaar op ‘n plaas net buite Makhado (Louis Trichardt), oom Was en tannie Bernine Nel, het inderhaas Woensdagoggend die paniekknoppie op hul selfone geaktiveer, nadat iemand deur die nag beide hul lieflinghonde, Seun en Beertjie, doodgemaak het.

Oom Was vertel dat hy net na agt die oggend uitgegaan het om vir Seun en Beertjie kos te gee. Toe hy buite kom, het hy eers vir Seun dood aangetref. Hy is dadelik na die hondehok waarin Beertjie in die aande slaap – hy is ook dood aangetref. Bloed het by hul bekke uitgekom en die vermoede bestaan dat hulle met ‘n vinnig-werkende gif van kant gemaak is.

Lede van die dorpswag het dadelik uitgejaag na die Nels se plaas toe hulle van die voorval te hore gekom het. In ‘n land waar plaasaanvale alledaags is, is daar vinnig per selfoon met die egpaar kontak gemaak om seker te maak hulle is veilig. Die polisie het later op die toneel opgedaag.

Oom Was sê hy het Dinsdagaand omstreeks 22:00 gehoor die honde blaf vreeslik. Voordat hy egter gaan kyk het, het hulle bedaar. Hy vermoed dit was toe dat booswigte op sy perseel was en die honde vergiftig het.

Oom Was en tannie Bernine sorg al reeds vier jaar vir die honde wat hulle by hul dogter gekry het. Hul dood het groot hartseer veroorsaak. Wat die motief vir die doodmaak van die honde betref, is daar baie spekulasie.

Die Nel-egpaar is dankbaar dat die dorpswag so vinnig op hul noodkreet gereageer het.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines