ADVERTISEMENT:

 

Die rioolwater by die stukkende pompstasie naby die nuwe uitbreiding van Eltivillas pomp 15 000 liter rou rioolwater per uur in piektyd in die omliggende area in. By die rioolwater sit mnr. Neels Bekker.

Dorp sit op stinkbom wat wag om te ontplof

 

News  Date: 16 March 2007

 

"Louis Trichardt sit op ‘n stinkbom," is die gevolgtrekking wat inwoners maak wanneer hulle die toenemende rioolwaterprobleem dophou.

Eltivillas se stukkende rioolpompstasie stort 1 500 liter per uur rioolwater in piektyd, wat op 360 000 liter per dag sou uitwerk indien dit die heeldag teen die piektempo sou loop.

Teen die treinspoor loop ‘n stroom rioolwater teen 35 000 liter per uur.

In etlike erwe borrel rou riool uit die grond uit.

Die rioolpompstasie op die Vondelingpad teenaan die nuwe uitbreiding van Eltivillas spoeg derduisende liters rioolwater per dag uit, ‘n skrale 50meter van die nuwe huise af. Die koperkabels by die pompstasie is gesteel en nog nie herstel nie.

Op 11 Maart het mnr. Herman Smith van die Souptansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) die toneel besoek en jouwerklikwaar ‘n persoon met munisipale werksklere aangetref wat die besmette vleilandwater wou skep om te drink.

"Nadat ek hom gewaarsku het dat die water uiters gevaarlik is en nie gedrink mag word nie, is hy vort. Siektes soos maagkoors, diarree en E-coli kan deur hierdie besmette water versprei word, om nie eers te praat watse gevaar dit inhou vir die inwoners van Eltivillas nie," sê mnr. Smith.

Op Maandag, 12 Maart, het mnr. Aboo Ismail van die Eltivillas Handelaarsvereniging saam met mnr. Smith dié onhigiëniese toneel besoek.

"Ons is bekommerd en ons beweeg na ‘n punt waar ons belasting by ‘n prokureur gaan inbetaal. Die munisipaliteit sal jou net die hele wêreld belowe en ons kry nie diens nie. Die vorige week het mnr. Dave Patel van die Voorsittersvereniging vir mnr. Mashele van die LUR SE kantoor vir plaaslike regering in Eltivillas rondgeneem om aan hom die slaggate in die paaie en gebarste pypleidings te wys.

Mnr. Ismail sê dat daar paaie in die sakegebied is wat voorheen teerpaaie was maar dat ‘n mens nou in die gate kan visvang.

Dieselfde kontrakteur wat die vloei van die rioolwater by Eltivillas getoets het, mnr. Neels Bekker, was geskok toe hy besef het hoe sterk die rivier rioolwater wes van die treinspoor loop, ongeveer een kilometer suid van Malherbestraat. Die rivier het in piektyd 35 000 liter per uur getoets, wat 840 000 liter per dag sou kon gee wat tans wegvloei.

"By Eltivillas en die spoor is dit gesamentlik 1.2miljoen liter rou riool wat wegvloei," het mnr. Bekker gesê. Hierdie riool loop vir ongeveer agt kilometers in leegtes af tot in die dam, Tenk E, net noord van die Sinthumule/Kutama pad, waar visvrektes onlangs groot opspraak gewek het. Hierdie besmette dam is geleë tussen munisipale boorgate waarvandaan drinkwater na die dorp gepomp word.

Mnr. Smith se ondersoek na die rioolprobleme het hom verder geneem na die rou riool wat by die Van der Merwe Saagmeule se werkerstoilette uitstoot vir seker meer as vyf jaar. Die probleem is male sonder tal gerapporteer. Mnr. Smith se ondersoek het die rioolplaas, wat bedoel was vir die kleiner dorp se riool, ingesluit. Groot uitbreidings sonder genoegsame opgradering van die infrastruktuur dui daarop dat die dorp amper letterlik op ‘n stinkbom sit.

"Ek wil aandring by die munisipaliteit om dringend aandag aan die hele rioolstelsel te gee en dat die water van die Albasinidam en die dam by TenkE onmiddellik getoets word om te bepaal wat die vlak van besmetting is," sê mnr. Smith.

Intussen is daar ook toenemende klagtes waar rou riool in dorpserwe uitstoot en dit so gelaat word sonder ‘n behoorlike oplossing vir die probleem. Een so ‘n erf behoort aan prof. Matthew Flynn in Messinastraat. Mnr. Mapholi, die direkteur tegniese dienste, kon nie hierdie week bereik word insake al die rioolprobleme nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines