

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 March 2007
Die toestand van Wimpie McDermot van Makhado (Louis Trichardt) het merkbaar verbeter, maar hy is steeds onder verdowing in die waakeenheid van ‘n hospitaal in Polokwane.
Wimpie (25) het ernstige inwendige beserings opgedoen in ‘n motorongeluk wat Saterdag, 3 Maart, net buite die dorp op die Madombidzha-pad voorgekom het.
Die voertuig het die pad verlaat en in ‘n sloot beland en is in die proses erg beskadig. Wimpie is sowat 50m vanaf die motorwrak aangetref. Hy is plaaslik gestabiliseer en na die hospitaal in Polokwane oorgeplaas.
Pastoor Van Rensburg van die AGS-gemeente hier, wat as segspersoon vir die gesin optree, sê daar is bemoedigende tekens van beterskap. Mediese personeel is reeds besig om hom te speen van die asemhalingsapparaat. Daar heers egter nog kommer oor sy nierfunksie.
Past. Van Rensburg sê die mediese koste vir Wimpie se behandeling beloop reeds enorme bedrae geld.
Lede van die publiek het egter oorweldigend gereageer op die oproep deur Riaan Louw, voorsitter van die plaaslike Round Table, vir finansiële bystand vir Wimpie se mediese koste.
Mnr. Louw het by navraag lede van die publiek bedank vir die welwillende reaksie wat reeds op die oproep ontvang is. Verdere bydraes is egter steeds nodig en enigiemand wat belangstel om te help kan Riaan skakel by 082 379 8796.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
