ADVERTISEMENT:

 

Hondsdolheid sporadies, maar inenting is steeds nodig

 

News  Date: 16 March 2007

 

Aangesien gevalle van hondsdolheid sporadies voorkom, het dr. Ilana Conradie, laboratoriumhoof by die staatsveearts op Makhado (Louis Trichardt), weereens klem gelê op die belangrikheid dat troeteldiereienaars gereeld hul honde teen dié lewensgevaarlike virus inent.

In ‘n onlangse geval moes ‘n boer van die omgewing in Desember verskeie van sy beeste tot niet maak, nadat hulle simptome van hondsdolheid begin wys het. Die beeste was afkomstig van die plaas Melkhoutkopjes aangrensend tot die Ben Lavin Natuurresservaat.

Volgens die boer, mnr. Pieter Menné, is die diere van kant gemaak en daar is dadelik begin met die behandeling van sy ander beeste. Een van die beeste wat hy moes van kant maak, was ‘n Nguni Koei van die Jaar vir 2005.

Dr. Conradie sê dat hondsdolheid sporadies voorkom. Dit word versprei deur honde en jakkalse. In areas waar daar baie rondloper honde is sonder eienaars is die voorkoms van hondsdolheid groter. Dr. Conradie sê dat hul veral groter probleme ondervind in die Thohoyandou-area. Sy het beklemtoon dat honde gereeld ingeënt moet word en gesê dat entstowwe beskikbaar is by die kantore van die staatsveearts. In die geval van beeste, het sy verduidelik, dat aangesien hulle in troppe beweeg, talle op een slag gebyt kan word wanneer hulle in aanraking kom met ‘n hondsdol dier. Dit is waarom dit kan gebeur dat meer as een of twee beeste die simptome begin wys.

Die siekte word oorgedra wanneer ‘n persoon deur so ‘n siek dier gebyt word, omdat die virus deur die speeksel van die siek dier versprei word. Die virus kan ook deur snye, die mond of oë die mens infekteer.

Die volgende simptome is van uiterste belang:

Die eerste teken is hoofpyn, angs, koors, braking en uiterste vrees vir water. Daarna volg verlamming, koma en die dood.

Dit neem gewoonlik twee tot tien weke vir mense en diere om simptome te toon na infeksie. Wanneer mens of dier die tekens begin toon, is geen behandeling moontlik nie en die persoon of dier sal sterf. Dit is dus belangrik om dadelik na ‘n byt van ‘n vermoedelik hondsdol dier met behandeling te begin, voordat die simptome begin wys. Was die wonde onmiddellik deeglik, verkieslik met ’n ontsmettingsmiddel. Kry so gou moontlik mediese behandeling en onthou dat die behandeling uit ’n reeks inspuitings bestaan en ‘n persoon moet die volledige reeks ontvang.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines