ADVERTISEMENT:

 

Tydens die stigtingsvergadering van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) is nege bestuurslede verkies is. Van links is Alexander Smail, Bertus Petzer, Frans Malan, Herman Smith, Annette Keneally, Dopper Kruger, Carel Breytenbach en Claradyn Victor. Afwesig tydens die neem van die foto: Dave Patel.

Vereniging vir dorp se belastingbetalers gestig

 

News  Date: 23 March 2007

 

Die stigtingsvergadering van die Soutpansberg Belastingsbetalersvereniging (SBBV) het ‘n goeie opkoms geniet, terwyl Swartruggens se kenners ook hul ervaring kom deel het.

Na baie voorbereiding deur stigterslede in die Soutpansberg, wat ‘n besoek aan Swartruggens verlede jaar ingesluit het, is die SBBV amptelik gestig op 19 Maart in die Ferdie Beyerssaal.

Die sowat 80 teenwoordiges het eenparig die besluit gesteun dat ‘n belastingbetalingsvereniging ‘n noodsaaklikheid is en die vereniging se grondwet goedgekeur en bekragtig, nadat dit deur mnr. Bertus Petzer behandel is. Sowat 50 lede het ook daar en dan lidmaatskapfooie vereffen.

Swartruggens se mnre. Ben Marais en Wilhelm Rocher was op uitnodiging teenwoordig en het hulle belastingbetalingsvereniging se werkswyse, ondervinding en resultate gedeel. Volgens mnr. Marais het hulle geen ander keuse gehad nie as om belasting op Swartruggens in ‘n trustrekening terug te hou om dienslewering te verbeter. Hy het gesê dat, in baie gevalle, dienste deur die Swartruggens BBV laat doen is.

Die doel van ‘n belastingbetalersvereniging is verder deur me. Marie Helm, ACDP raadslid, toegelig. Me. Helm het verduidelik dat belasting betaal aan munisipale owerhede regverdig en vergelykbaar moet wees met dienste deur die munisipaliteit gelewer. Die belangrikheid dat kundigheid in die munisipaliteit teruggebring moet word en onnodige besteding aan bande gelê moet word, is ook onderstreep.

Die nege bestuurslede wat verkies is, is Bertus Petzer, Alexander Smail, Frans Malan, Herman Smith, Dopper Kruger, Annette Keneally, Claradyn Victor, Carel Breytenbach en Dave Patel.

Mnr. Herman Smith het spesiale melding gemaak van lojale belastingbetalers wat onbaatsugtige diens en leiding aan die gemeenskap gelewer het sodat die SBBV gestig kon word. Hulle is, onder meer, Dries Joubert (TLU Noord), Gideon Meiring (Soutpansberg DLU), Ian Purdon (voorsitter van die Soutpansberg Sakekamer en betrokke by ekonomiese ontwikkeling), Carel Breytenbach (Messina Landboudienste), Wilhelm Helm (Waterpoort Boerevereniging), Marie Helm (ACDP-raadslid en Streekbestuurder TLU Noord), Marius Gilfillan (sakeman en bevorderaar van plaaslike geskiedenis), Inga Gilfillan (sakevrou en sekretaresse van die Voorsittersvereniging) en André Naudé (prokureur en voorsitter van die Voorsitttersvereniging).

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines