ADVERTISEMENT:

 

Man erken skuld in duur smokkelsaak

 

News  Date: 30 March 2007

 

‘n Saak van die smokkel en die handel in onwettige Zimbabwiese sigarette ter waarde van net meer as R3, 3 miljoen het hierdie week in die streekhof op Makhado (Louis Trichardt) gedraai.

Die agt beskuldigdes in die saak is Evan Swanson, Fox Novholevhodwe, Roy Muleya, Oliver Muleya, Gladys Makhado, Lina Sibanda, Celina Chogo en Michael Richard Wright. Die verhoor het Maandag begin.

Net een van die agt beskuldigdes het besluit om ‘n pleit- en vonnisooreenkoms met die Staat aan te gaan. Wright het gepleit op verskeie klagte van die vervoer van die onwettige sigarette van die Zimbabwe grens na verskeie dele in die Republiek van Suid Afrika. Hy het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en het skuld erken dat hy van 17 Julie, 2005, tot 29 November, 2005, die onwettige sigarette aangery het.

Die hof het vir Wright op Dinsdag, 27 Maart, gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf of ‘n R50 000 boete. Sy vonnis is gedeeltelik opgeskort.

Die verhoor teen die ander sewe verdagtes is uitgestel tot 6, 7 en 8 Augustus vanjaar.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines