ADVERTISEMENT:

 

Werktuigkundige in bedenklike toestand na ongeluk

 

News  Date: 30 March 2007

 

‘n Dieselwerktuigkundige van Makhado (Louis Trichardt), die 36-jarige mnr. Johan Goosen, verkeer in ‘n bedenklike toestand in Pretoria, na ‘n ongeluk wat Saterdag (24ste) naby Thohoyandou plaasgevind het.

Volgens getuies moes mnr. Goosen drasties uitswenk vir ‘n aankomende taxi, toe sy voertuig buite beheer geraak en van die pad afgery het. Die voertuig het verskeie kere gerol en mnr. Goosen het ernstige kop- en ook borsbeserings opgedoen.

Dit het ‘n geruime tyd geduur voordat ‘n geskikte ambulans met paramedici beskikbaar was om hom van die ongelukstoneel af te voer. ‘n Passasier wat saam met mnr. Goosen in die voertuig was, is net lig beseer.

Mnr. Goosen is aanvanklik in die Tshilidzini-hospitaal gestabiliseer, voordat hy na Polokwane afgevoer is. Weens die ernstige aard van sy beserings is hy Sondagoggend per helikopter na ‘n hospitaal in Pretoria gebring.

Hy word in die hospitaal bygestaan deur sy eggenote Charmain. Die egpaar het ‘n sesjarige seuntjie, Hendrik.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines