ADVERTISEMENT:

 

Plaasaanvaller kry agt jaar vir poging tot moord

 

News  Date: 30 March 2007

 

‘n Plaasaanvaller, Peter Khwinana Tsutsa (28), is hierdie week in die streekhof op Makhado (Louis Trichardt) tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis op klagte van poging tot moord op ‘n boer van Mara.

Tsutsa en nog ‘n beskuldigde in die saak, Nhlanhla Lazarus Mathabathe (22), is gearresteer op klagte van poging tot gewapende roof en poging tot moord, nadat hulle ‘n boer van Mara wou beroof. Albei is afkomstig vanaf Gauteng.

Tsutsa is skuldig bevind aan die poging-tot-moord klag, nadat hy tydens ‘n roof op 17 Mei 2005 ‘n boer probeer skiet het, maar sy pistool gestoor het. Tsutsa en sy makkers het op die vluggeslaan, maar is kort na die aanval aangekeer.

Die saak teen Mathabathe sal op Donderdag, 12 April, voortgesit word.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines