ADVERTISEMENT:

 

Gemeenskap maak beursies wyd oop vir Wimpie

 

News  Date: 30 March 2007

 

Wimpie McDermot, wat sowat drie weke gelede ernstig beseer is in ‘n motorongeluk net buite Makhado (Louis Trichardt), is nog steeds aan ‘n respirator gekoppel. Hy is intussen vanuit die MediClinic oorgeplaas na die provinsiale hospitaal in Polokwane.

Pastoor Johan van Rensburg, wat as segspersoon vir die McDermot-gesin optree, het groot waardering uitgespreek vir die reaksie van lede van die publiek wat ruim bygedra het om die gesin se enorme mediese koste te help delg.

"Die volle aanvanklike koste, wat meer as R300 000 beloop het, is vereffen, danksy die reaksie van lesers van die Zoutpansberger."

Hy sê hoewel die enorme aanvanklike koste om Wimpie se lewe te red ten volle betaal is, is dit nog nie die einde van die gesin se mediese uitgawes nie.

Wimpie se nierfunksie, wat aanvanklik groot kommer gewek het, het drasties verbeter en dit werk nou goed. Sy hart klop ook normaal. Daar is egter nog kommer oor sy asemhaling. Verskillende pogings om hom van die respirator los te maak, het tot dusver nog nie geslaag nie.

Voortgesette voorbidding vir Wimpie en sy ouers en ander gesinslede word steeds gevra.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines