

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 April 2007
Dit was nou iets wat ‘n mens elke dag sien nie – ‘n luislang wat lag-lag ‘n duiker somer hier naby Louis Trichardt heel insluk.
Mnr. Alec Nel van Mollevel Voerkrale het verlede Woensdag op dié rare gesig afgekom op die plaas Bankop Ranch, sowat 20 kilometer van die dorp op die N1 suid. Hy was besig om ‘n heiningdraad te inspekteer op die plaas in afwagting op nuwe kalwers. Alec bestuur die plaas vir mnr. Piet le Roux.
Alec sê hy was besig om te ry, toe hy die luislang tussen die bome met die duiker sien spook. Die massiewe luislang het net toe begin om die duiker in te sluk. Die duiker was glad nie klein nie, met horinkies van so 15cm.
Die skerp horings het nie die slang van sy maaltyd laat afsien nie en dit het die bok vinnig ingesluk. Van buite kon mens sien hoe die horings teen die slang se vel druk.
Alec sê dit slegs die tweede keer is dat hy ‘n luislang op die plaas teëgekom het. ‘n Paar jaar gelede, in 2001, het hy ‘n luislang oor die pad sien seil. Hy het die slang probeer vang aangesien hy bang was die klein kalwers sal dit ontgeld. Maar so maklik was dit nie ...
Die slang is onder sy bakkie in, waar dit skuiling gaan soek het. Dit het heelwat gesukkel en baie spiere gevat om die slang weer daar uit te kry.

ADVERTISEMENT:
