ADVERTISEMENT:

 

Reën laat Albasini effens styg

 

News  Date: 13 April 2007

 

Die Albasinidam se vlak staan op 46.24% soos op Dinsdag, 10 April, gemeet. Twee weke gelede was die damvlak nog onder die 46%.

Nadat 164.2mm reën by die Albasini gemeet is, het die damvlak met amper ‘n persentasiepunt gestyg vanaf die laagtepunt van 45.68% op 26 Maart tot 46.45% op 2 April, waarna dit weer ‘n geringe daling getoon het. In die afgelope week is 6.4mm reën by die Albasini gemeet. Die damvlak in meters staan nou op 13.8 teenoor 13.72 op 26 Maart.

In Louis Trichardt is 18.75mm reën op 10 April aangeteken by die munisipale reënmeter. Saam met die 64mm aangeteken op 30 Maart en 25mm op 2 April, bring dit die totaal vir Maart en April sover op107.75mm te staan.

Die Nandonidam, net soos die Albasini in die Levuvhu rivier geleë, loop weer oor en staan op 100.66% nadat 9.1mm reën daar aangeteken is. Dit verteenwoordig ‘n styging van drie persentasiepunte vanaf die laagtepunte wat die damme almal in die algemeen op 26 Maart beleef het.

Die Vondodam in die Mutshindudirivier het met sowat twee persent gestyg tot 90.09%. Die Nzheleledam staan nou op 68.33% en die Luphephedam op 61.28%, terwyl die Nwanedidam ongeveer twee persent gestyg het na 75.77%.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines