

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 April 2007
Een van die bekendste plaaslike sportsterre, Marius (Galoop) Oosthuyse, wat vir baie jare ‘n prominente lid van die plaaslike rugbyklub was, is vandeesweek in die ouderdom van 39 jaar na ‘n kort siekbed oorlede.
Galoop, soos hy alom bekendgestaan het, het reeds sedert sy skooldae op Louis Trichardt uitgeblink as ‘n veelsydige sportster. Hy was ‘n leerder by Soutpansberg Laerskool en ook by die plaaslike hoërskool waar hy in atletiek en rugby presteer het.
Hy het onder meer aan die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe deelgeneem in gewigstoot. In rugby het hy verskeie kere aan die Verre-Noord proewe deelgeneem.
In een stadium het hy vir Pretoria Polisie uitgedraf en op Louis Trichardt vir bykans 12 jaar gereeld vir die plaaslike klubspan gespeel. Hy was deel van die gedugte plaaslike rugbyspan wat vir vier agtereenvolgende jare die trofee vir die beste span in die provinsie verower het.
Galoop het ook verskeie kere vir die provinsie (Verre-Noord) uitgedraf.
Hy laat sy ouers en een broer agter.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
