

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 April 2007
Kragonderbrekings die afgelope naweek het inwoners aan die wonder gehad. Geen kommunikasie is ontvang dat daar aan die krag gewerk sou word nie.
Kragverbruikers wat noord van die dorp woon, sover as die tonnels, het ook oor die radio’s kragonderbrekings aangemeld. Die dorpswaglede het gehoor dat die krag voor elfuur Saterdag vir ‘n paar minute afgegaan het, daarna weer so na halftwaalf en weer by halfeen Sondagoggend.
Die krisis van Eskom om genoeg krag te voorsien vir die land se gebruik, het seker deur baie gedagtes geflits. Een dame wat buite die dorp woon, het aangemeld dat haar televisie die gees gegee het direk na die naweek se onderbrekings. Sonder elektrisiteit is daar ook in hierdie tegnologiese tyd heelwat minder moontlikhede van rekenaarwerk of -spel en die benutting van televisie of musiekstelle.
Gelukkig was hierdie onderbrekings slegs deel van ‘n poging deur Eskom om die stroomtransformator te toets om te kyk of die kalibrasie reg is sodat die munisipaliteit nie te veel aangeslaan word vir die elektrisiteit nie. Volgens inligting was die aanvraag na elektrisiteit in Maart baie hoog as gevolg van die hitte en Eskom wou seker maak of daar nie fout met die stroomtransformator was nie.
Om dit te kon doen, moes een van die twee voerders van die elektrisiteit afgesit word, terwyl die ander een getoets word, en toe weer andersom. Dit het sowat anderhalfuur geneem.
Volgens munisipale kundigheid op die gebied van elektrisiteit is dit nie moontlik dat ‘n toestel kon geblaas het as gevolg van die aan en afskakel nie. Die situasie was dieselfde asof die toestel by die muur aan en afgeskakel sou word.
Wat die kommunikasie betref, het die munisipaliteit seker gedink dis nie nodig om te kommunikeer nie, want almal slaap al daardie tyd. Toe nie…
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
