

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 April 2007
Werkers onder onbereikte volkere in die ooste verkeer meestal in lewensgevaar. Daarom werk Nthevheleni Nel dikwels onder sy Venda naam, saam met sy Nederlandse eggenoot Marina.
Hulle het Louis Trichardt besoek en by die Emmanuel Christelike Kerk van hulle werk vertel.
‘n Boodskap wat diep getref het, was die een van Ismael, die eerste seun van Abraham, wat deur sy vader verwerp en weggestuur is. Sy naam beteken egter God hoor en die gehuil van die seun is gehoor. Sy moeder het die belofte ontvang dat haar seun ‘n groot nageslag sou hê.
"Ons werk met die nasate van Ismael. Ons bedien die liefde van Vader God aan hulle. Wanneer hulle hoor dat die Vader vir hulle wag en lief is vir hulle, dan breek hulle. Hulle is desperaat vir die liefde van Vader God. Hulle hoor dat Jesus die pad oopgemaak het na die Vader en baie aanvaar die goeie nuus en word gedoop," vertel Ntheveleni.
In verskeie lande in Europa vra Iranese om opleiding en het groepe al hulle leierskapsopleiding voltooi. Naweke word Encounter-kampe gehou vir verskillende groepe, soos mans, jeug, of huweliksmaats. In die land van die genoemde bevolkingsgroep kom letterlik duisende tot bekering. Ander oosterse lande begin ook hierdie bediening nader vir kerkplanting.
Vroulief is onder andere ‘n kok in Amsterdam by ‘n jeugkafee wat uitreik na jongmense. Haar hart is om mense soos ‘n herder te versorg. Waar sy haar eggenoot bystaan in sy werk, vertel sy met groot deernis van ‘n groepie wat versorg word, waaronder ‘n gewese guerrilla vegter, ‘n eks-veroordeelde, ‘n spioen en een wat gevang was vir diefstal.
Wat die onlangse moorde op sendelinge in Turkye betref, sê die werkers tydens hul besoek dat Jesus, sowel as die betrokke sendelinge, bereid was om alles op te offer.
"As Jesus Sy lewe kon gee, waarom nie ons nie?"
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
