

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 April 2007
‘n Interessante "kanondop" was die breinkind van Hollandse vriende van die Skermutselingsmuseum. Die dop het twee gleufies vir donasies sodat elkeen kan besluit om sy donasie by die Boere of die Britse kant in te gooi.
Die idée is deur Charles Leach uitgevoer tot groot tevredenheid van Jan en Marijke van Braak, die Hollandse vriende wat die donasie dop kon vashou voordat hulle op 10 Maart weer ‘n slag op Hollandse bodem geland het.
"Ek glo daar is nie enig museum in die wereld met hierdie ‘eye catcher’ nie! Een soort gestyleerde waarskuwende vinger die wys vir behoud en uytbreiding van ‘ons’ museum en verdere ontwikkeling van hierdie omgewing se geskiedenis. Met voldoende bydrae kan hierdie vinger verder graaf in ons verlede," skryf die Van Braaks vanuit Holland.
Hierdie lojale ondersteuners van die uitbreiding van die omgewing se geskiedenis het ook al gepubliseer in die Zuid-Afrikaans/Hollandse klubblad van die NZAW (Nederlands Zuid-Afrika Werkgemeenschap), onder meer ‘n stukkie oor die Long Tom-kanon. Hulle sien uit daarna om vertaalwerk in Hollands te doen om die Soutpansberg omgewing se geskiedenis ook in Nederland uit te brei.
So het die Van Braaks dan ook vir Charles Leach, die skrywer van ‘n boek, ryk aan plaaslike geskiedenis, ... of a lion and Eagle, geskryf.
"Charles, als jy (tyd he, maar ons he dit glad nie) enige boekbespreking oor William Eagle aan my verstuur, sal ek dit ook vertaal en aan die blad ge vir publikasie."
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
