

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 April 2007
Genade is die woord wat breed geskryf staan oor die 50 jaar getroude lewe van oom Was en tannie Berdina Nel.
Vir goed die helfte van die jare het die Nels ook gewoon By die Genade of Tshilidzini, waar oom Was hopitaalsekretaris was. Hulle het diep spore getrap in die lewe van baie mense en het oor die 37 jaar in die destydse Venda gewoon. Oom Was was ook werksaam by die Venda Ontwikkelingskorporasie en het die Venda Elektrisiteitskorporasie begin.
Net waar oom Was en tannie Berdina gaan, word hulle voorgekeer deur mense wat goeie herinneringe het, soos "Vho Nel, onthou jy my nog? Ek was in die Davhana-sondagskool in jou klas en ek loop nog steeds die pad wat jy my geleer het."
Op 20 April vanjaar was dit die viering van oom Was en tannie Berdina se goue bruilof en op 22 April het oom Was sy 77ste verjaarsdag gevier. Tannie Berdina word 70 op 16 Oktober vanjaar. Sedert 1982 woon hulle op die plot Aandgloed op die plaas Southdown net buite Louis Trichardt waar hulle ‘n pragtige ruim kliphuis as’t ware eiehandig gebou het.
By die eertydse Soutpansberg Kommando was oom Was altyd ‘n leier van formaat en ‘n staatmaker. ‘n Foto van Majoor Nel is vertoon waar hy op 68-jarige ouderdom deur ‘n helikopter opgehys is ("Superman", was die gaste se kommentaar). Hy het nie iets van die troepe verwag wat hy nie self meegedoen het nie.
Oom Was dien steeds op die bestuur van die Louis Trichardt Gedenkhospitaal en die ouetehuis en is betrokke by die polisieforum, maar, sê die egpaar, bo aan ons lys is die Gideons, die organisasie wat Bybels versprei. Daar gooi die egpaar steeds hul volle gewig in. Hulle is ook baie betrokke by die Emmanuel Christelike Kerk.
"Ons het mekaar ontmoet in die KJV," se tannie Berdina, wat in Louis Trichardt gematrikuleer het en later onder meer verpleeg het. Haar raad is om altyd, as mens gaan slaap, dinge reg te maak. Oom Was se raad is presies dieselfde: "Moet nooit gaan slaap voordat julle nie ‘n saak uitgepraat het en mekaar vergewe nie het nie."
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
