ADVERTISEMENT:

 

VV snoer kragte saam vir behoud van eie kultuur

 

News  Date: 04 May 2007

 

Die Voorsittersvereniging (VV) van Louis Trichardt, tesame met ander kulturele instansies soos die menseregtegroep Afriforum en die aksiegroepe van Potchefstroom en Pretoria, is besig met die stigting van ‘n nasionale kultuurforum wat as belangegroep sal optree vir die behoud van alle burgers se kulturele erfenis.

"Dit sluit in die behoud van name, monumente en beelde," sê mnr. André Naudé, voorsitter van die VV. Die grondslag vir die stigting van só ‘n organisasie is reeds gelê en, sê Naudé, hulle sal op 6 Junie weer vergader.

"Aanvanklik sal daar gefokus word op die kwessie van naamsveranderinge," sê Naudé. Hy verwys onder meer na die huidige naamsveranderingskwessie in Kwa-zulu Natal waar Zoeloe name nou in gedrang kom.

"Ons poog tans om ook die mense van Kwa-zulu Natal te betrek," sê Naudé.

Naudé het beklemtoon dat die organisasie op dieselfde beginsels sal funksioneer as die VV. Die VV is ‘n nie-politiese organisasie wat hul beywer daarvoor om die sterkpunte van alle kulturele groepe saam te snoer tot voordeel en welvaart van almal. Hul doel is die bevordering van betroubare, deursigtige korporatiewe bestuur op alle regeringsvlakke en rekonsiliasie.

Naudé het aangedui dat heelwat hoë-profiel mense reeds hul bereidwilligheid aangedui het om betrokke te raak by die nuwe kulturele forum, wat onder meer historici insluit. Mense soos hierdie kan ‘n groot rol speel wanneer daar in gesprek getree word met die regering rondom die behoud van burgers se kulturele erfenis.

"Hierdie organisasie gaan ‘n groot impak hê," sê Naudé.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines