ADVERTISEMENT:

 

Skuldigbevindings volg na staking by melkery

 

News  Date: 04 May 2007

 

Die Staat se saak teen die ses mense wat aangekla is na ‘n staking by Limpopo Melkery in September 2005 is op Donderdag, 19 April, eindelik afgehandel in die streekhof op Musina.

Ses mense is na afloop van die staking aangekla. Joyce Takalani Nkhumaleni (43), Douglas Fulufhelo Mulavhamu (29), Lucy Muwenda (33), Tshitereke Tshivhase (46) en Collson Tshiafhila (46) het tereggestaan op klagte van openbare geweld, terwyl Phillemon Musweswe (42) verskyn het op ‘n klag van intimidasie.

Drie van die ses beskuldigdes het pleit- en vonnisooreenkomsste aangegaan, terwyl die ander drie vrygespreek is.

Muswese is skuldig bevind op die klag van intimidasie teen hom en gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf of ‘n boete van R3 000. Sy vonnis is egter opgeskort tot een jaar gevangenisstraf of ‘n boete van R1 500.

Nkhumaleni het skuldig gepleit op die klagte van openbare geweld, terwyl Muenda skuldig gepleit het op ‘n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Nkhumaleni is tot vier maande gevangenisstraf gevonnis, terwyl Muenda ses maande gevangenisstraf opgelê is. Beide se vonnisse is in geheel opgeskort vir ‘n tydperk van vyf jaar, op voorwaarde dat hulle hul in dié tydperk nie weer aan soortgelyke misdade skuldig maak nie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines