

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 May 2007
Prof Louis Changuion, die ander gasspreker wat opgetree tydens die Nag van Generaals by die Lalapanzi Hotel, het oor brigadier-generaal Christiaan Frederick Beyers (1869-1914) gepraat.
Generaal Beyers is as 31-jarige jongman na die Zoutpansberg gestuur om die twee kommandos, Waterberg en Zoutpansberg, aan te voer. Beyers se groot sukses is aan sy geloof toegeskryf. Hy het die slag van Vliegenpan met meesterlike strategie teen ‘n oormag gewen. ‘n Borsbeeld en skildery van Beyers, asook ‘n skildery van die slag van Vliegenpan, is in die Skermutselingsmuseum by die Lalapanzi Hotel te sien.
Tydens die Nag van die Generaals is die regte atmosfeer geskep deur die historiese studiegroep van MC Heunis, geklee in die monderings van die Boere, Britse en Australiese soldate en vroue in tradisionele drag by ‘n kloktent. Verskillende wapens en ‘n heliograaf was te sien.
"Ons het die Britse .303 en die Boere Mauser uitgetoets en bevind wat ons altyd vermoed het. Dit is dat die Mauser vinniger en beter gevaar het vir die omstandighede waarin daar geveg is," het plaaslike geskiedeniskenner Charles Leach gesê. Gaste kon ook die wapens uittoets en mnr. Schalk Corbett het onder meer van die geleentheid gebruik gemaak om sy jong spruit dié blootstelling te gee.
"Die geskiedenis was lewendig en het die verbeelding van beide Afrikaanse en Engelse gaste aangegryp en daar was afstammelinge van die generaals teenwoordig – dit was ‘n mylpaal in die historiese erfenis van die Soutpansberg. Dit was ook betekenisvol dat die volle prentjie van die Anglo Boere-oorlog deur die sprekers ingekleur was," het Leach gesê.
"Wat egter die hardste gepraat het, was die karakter van hierdie generaals."
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
