

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 May 2007
Sommige naamborde langs die N1 en ander paaie na Louis Trichardt is onwettig met ‘n spuitkan swart verf bygedam om die naam Makhado toe te verf.
Naamborde wat gespuitverf is, is te siene "bykans op al die paaie na Louis Trichardt, soos die Levubupad en die N1," het die munisipale woordvoerder, mnr. Peter Magwala, Dinsdag gesê. Hy het dit veroordeel en gesê dat dit kwaadwillige saakbeskadiging is.
"Ons vra die gemeenskap om hulle te weerhou daarvan om die reg in eie hande te neem. Daar is tog sekerlik prosedures en strukture in plek om die naamborde te vervang. Dit sal gerapporteer word aan die SANPAB, wat ‘n saak kan oopmaak," het Magwala gesê.
Die Voorsittersvereniging (VV) distansieer hulle van die spuitverwers.
"Julle praat met die verkeerde mense," het die voorsitter, mnr. André Naudé gesê tydens ‘n besprekingsforum met die bestuurders en direkteure van die Makhado Munisipaliteit op 8 Mei.
"Die VV het ‘n amptelike beleidsdokument waarin die beginsel van goeie deursigtige bestuur met integriteit, waar die reg gerespekteer word, aanvaar," het mnr. Naudé gesê. Die VV gebruik die regsisteem en die howe soos wat bewys is toe hulle die saak in die appèlhof gewen het. Die appèlhofuitspraak is op 29 Maart gelewer toe die naamsverandering van Louis Trichardt na Makhado ter syde gestel is.
Intussen het die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk, me. Wendy Watson op 8 April aan die Zoutpansberger gesê dat hulle nie die Makhado-padtekens dadelik gaan verander nie, maar dat hulle eers gaan wag en kyk of die naamsveranderingsproses heropen gaan word.
Die VV het tydens die besprekingsforum aangedring daarop dat die naamborde in die dorp moet verander. Die munisipale bestuurder, me. Faith Muthambi gesê dat die "Welkom in Makhado" bord waarskynlik net bo-oor die ou bord met die naam Louis Trichardt vasgemaak is en opdrag gegee dat die boonste bord verwyder moet word.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
