

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 May 2007
‘n Plaaslike saagmeule wat al 56 jaar bestaan het, moes toemaak vanweë die nadelige effek van brande.
Steven Lumber Mills Shefeera van Louis Trichardt het hul saagmeule op 9 Mei gesluit, maar die plantasie werksaamhede gaan voort.
Die saagmeule het 125 werkers verloor.
"Die werkers het baie goeie afleggingspakkette gekry, meer as die minimum wat die Staat vereis, asook ‘n bedrag van R500 om by te dra tot verdere opleiding wat die werker wil ondergaan, soos byvoorbeeld om ‘n bestuurderslisensie te verkry," het die bestuurder, mnr. André Kruger, op 14 Mei gesê. Aan die werkers is die keuse gestel of hulle in die plantasie se weksaamhede opgeneem wil word en 13 van die werkers het daardie opsie uitgeoefen.
Die twee groot vure in 1989 en 1994 het die bome erg gebrand met die gevolg dat die houtvoorraad uiteindelik uitgeput was. Daar was nie meer genoeg saagblokke (hout) vir die saagmeule nie.
"Ons het gesaag tot dit nie meer ekonomies haalbaar was nie. Ons kon ook nie hout van enige plek kry om die tekorte op te maak nie," het Kruger gesê.
Die plantasiewerksaamhede word meestal deur kontrakteurs behartig, omdat daar nie meer gesaag word nie. Daar word voortgegaan met boskultuur, snoei, plant, dunnings, ongewenste plant verwydering en brandbestryding.
"Bome word beskerm en behandel, sodat hulle in die toekoms saagblokke kan wees," sê Kruger.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
