ADVERTISEMENT:

 

Die witkruisarend wie se lewe deur ‘n plaaslike weldoener, mnr. Hannes Underhay, gered is.

Weldoener kom tot redding van beseerde Witkruisarend

 

News  Date: 18 May 2007

 

‘n Weldoener het verlede Woensdag tot die redding gekom van ‘n beseerde witkruisarend en sodoende dié roofvoël van ‘n gewisse dood gered.

Mnr. Hannes Underhay het op 9 Mei die beseerde witkruisarend op ‘n miershoop langs die treinspoor naby die Medike Bergreservaat gesien sit.

Die arend het vreemd opgetree en by nadere ondersoek is gemerk dat die voël nie kon vlieg nie toe dit probeer wegkom het.

Dadelik is daar kontak gemaak met mnr. David Pretorius van die Schoemansdal Omgewingsopvoedingsentrum. Mnr. Pretorius is bekend vir sy werk en gereelde hantering van roofvoëls.

David en mnr. Johan van Dijkhorst, ook van die sentrum, het uitgery en die arend gevang, waarna dit na die Blouberg Dierekliniek op Louis Trichardt gebring is.

Die arend was erg verswak en gedehidreer. Volgens die toestand van die voëls se kloue was dit ook duidelik dat die arend reeds etlike dae op die grond deurgebring het.

Doktor Marina Bridell, een van die veeartse by die kliniek, het die arend op ‘n drup geplaas en verskeie inspuitings toegedien. Daarna is die arend in die sorg van David by die Schoemansdal Omgewingsopvoedingsentrum geplaas. Die voël moes elke paar uur gevoed word, maar het goeie vordering gemaak. Nadat die voël aanvanklik met ‘n kropnaald gevoer moes word, het dit teen Vrydagoggend reeds self gulsig stukkies vleis begin opraap.

Gesien in die lig van die voël se vinnige herstel, sal dié witkruisarend moontlik weer binne die volgende week in die natuur vrygelaat word. Die Underhays het hul dank uitgespreek teenoor Blouberg Dierekliniek vir hulle hulp en die ruim afslag op die veeartskoste, asook vir David en Johan vir hulle toegewyde versorging van die arend.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines