

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 May 2007
Die naamborde op die deurpaaie na Louis Trichardt gaan verander word van Makhado na Louis Trichardt.
Mnr. Ishmael Essa, streeksbestuurder van die noordelike streek van die Suid Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (SANPAB), het Dinsdag gesê dat hy sowat twee weke gelede in ‘n vergadering was waar die saak van die terugverandering van die dorp se naamborde ter sprake gekom het.
"Ja, ons gaan Louis Trichardt terugsit," het mnr. Essa gesê.
"Dit sal ‘n bietjie tyd neem, maar dit behoort teen Augustus gedoen te wees." Hy het gesê dat ‘n plat staal bord met die naam Louis Trichardt bo-oor die naam Makhado met klinknaels vasgesit sal word.
Mnr. Essa was nie bewus daarvan dat die naam Makhado by baie van die borde met swart spuitverf toegespuit is nie.
"Dit is definitief nie ons nie! Ons gebruik nie spuitverf nie. Dit klink na vandalisme," het Essa gesê.
"Dit is ook definitief nie ons nie," het mnr. André Naudé van die Voorsittersvereniging (VV) weereens hierdie week beklemtoon. "Ons keur dit nie goed nie en sal nooit iemand aanraai om die reg in eie hande te neem nie."
Mnr. Naudé het gesê dat hy groot waardering daarvoor het dat SANPAB die regstelsel respekteer en die naamborde gaan verander na Louis Trichardt. Die appèlhof het op 29 Maart die VV gelyk gegee in hul appèlsaak om die naamsverandering van Louis Trichardt na Makhado tersyde te stel.
Intussen verkeer die vandale wat die naamborde beskadig op vrye voet.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
