

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 May 2007
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê dat die koue nou met mening in die gebied toegeslaan het.
Dinsdag- en Woensdagnag was die koudste nog hierdie jaar en bibberende koue weer het oor die hele streek voorgekom.
Op Ellisras, Koedoesrand en Vaalwater het die kwik tot onder 0ºC gedaal.
Die Soutpansberg was meer gelukkig. Volgens mnr. Fritz Ahrens van die Louis Trichardt Boerevereniging het die temperatuur gelukkig nie onder 2ºC gedaal het nie, alhoewel dit baie koud was.
"Indien enige skade aan bome voorgekom het, sal dit eers na ‘n paar dae sigbaar word. Dit wil egter nie lyk asof te veel skade voorgekom het nie," het Ahrens gesê.
Mnr. Japie van der Goot van Vivo sê egter dat die aartappels en pampoengewasse wat reeds opgekom het, skade opgedoen het.
"Ten minste 90% van die oes is deur swart ryp verwoes. Gelukkig is daar nog lande wat pas geplant is of wat nog geplant moet word – daar is die skade heelwat minder. Selfs tot in Alldays het rypskade voorgekom," het Van der Goot gesê. Een van die ouer inwoners van die gebied, wat al vir 48 jaar die temperatuur monitor, het gesê dat dit die huidige temperatuur die koudste Mei was wat hy ooit aangeteken het.

ADVERTISEMENT:
