

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 May 2007
Gilbert Rendani Kwinda, ‘n 31-jarige man van die Divhani-omgewing, is Vrydag, 18 Mei, in die landdroshof op Louis Trichardt skuldig bevind op ‘n klag van diefstal onder valse voorwendsels na ‘n besoek aan ‘n plaaslike restaurant.
Die klag teen Kwinda spruit uit ‘n voorval die Donderdag voor sy verskyning, toe hy by Mike’s Kitchen verskeie drankies genuttig het. Toe dit by die betaalslag kom, het Kwinda egter geweier om te betaal deur bloot te sê hy het nie geld nie.
‘n Personeellid van Mike’s Kitchen het Kwinda vir sy persoonlike besonderhede gevra, waarna Kwinda die werknemer gevloek het. Die polisie is geskakel en ‘n saak is teen Kwinda oopgemaak.
Die hof het vir Kwinda skuldig bevind en hom ‘n R1 000 skulderkeningsboete opgelê.

ADVERTISEMENT:
