ADVERTISEMENT:

 

Na ses weke in die hospitaal, vier waarvan in die in-tensiewe eenheid, is Johan Goosen van Louis Trichardt eindelik weer tuis.

Johan weer tuis na wonderbaarlike herstel

 

News  Date: 25 May 2007

 

Mnr. Johan Goosen (36) is uiteindelik weer tuis na ses weke se verblyf in die hospitaal, vier waarvan in die intensiewe eenheid van die Netcare-hospitaal in Pretoria Oos.

Johan, ‘n dieselwerktuigkudige vir MCC Mining & Equipment op Louis Trichardt, is op 24 Maart ernstig beseer tydens ‘n motorongeluk op die Thohoyandoupad. Hy was na werk op pad terug dorp toe. Om ‘n draai was daar skielik ‘n stilstaande bakkie in die pad en van voor af, twee minibus taxi, die een wat besig was om verby te steek.

Daar was nêrens vir Johan om te gaan nie. Hy het uitgeswaai, waarna die bakkie gerol het.

Johan is by die voorruit uitgeslinger. Hy is met ernstige kop- en borsbeserings opgeneem in die Tshilidzini-hospitaal, waarna hy deurgejaag is Polokwane toe. Daarna is hy in ‘n bedenklike toestand per helikopter afgevlieg Pretoria toe. Daar was min hoop dat hy so oorleef.

Johan is wonderbaarlik weer tuis by sy familie.

"Die Here het vir my ‘n tweede kans gegee en ek gaan werk maak daarvan. Hulle sê dit is ‘n wonderwerk dat ek lewe, en dit is," het Johan gesê. Hy het sy dank uitgespreek teenoor sy Skepper, asook al die mense en gebedsgroepe wat hom bygestaan en vir hom gebid het.

"Ek het al by ‘n paar mense uitgekom om vir hulle dankie te sê, maar nog nie by almal nie. Moet nou nie ophou bid nie. Ek het julle gebed steeds baie nodig," sê Johan. Hy is veral vol lof vir sy werkgewer wie hy sê hom van die begin onbaatsugtig bygestaan het in alle opsigte.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines