ADVERTISEMENT:

 

Wyle mev. Judy Schultz.

Bekende vrou in sakegeledere sterf

 

News  Date: 01 June 2007

 

‘n Lid van een van die bekendste sakegesinne op Louis Trichardt, mev. Judith Christina (Judy) Schultz, eggenote van mnr. Syd Schultz, is in die ouderdom van 74 oorlede. Die begrafnis is Donderdag vanuit die Soutpansberg NG Kerk.

Mev. Schultz, ‘n nooi Wessels van Modderfontein, Johannesburg, was tot met haar dood aktief betrokke by die boekhouding van die gesin se onderneming. Die gesin Schultz het hulle reeds in 1947 op die dorp gevestig en was betrokke by die opbou van verskeie prominente ondernemings, onder meer in die motor- en bandebedryf.

Die egpaar, Syd en Judy Schultz, was, benewens hul sakebedrywighede, vroeër ook intens betrokke by die plaaslike gholfklub, waar mev. Schultz in ‘n stadium die vrouekaptein en ook die klub se vrouekampioen was.

Hulle was die ouers van vier kinders, ‘n seun, Wally, en drie dogters, Lynn, Debbie en Delene.

Mev. Schultz het sowat twee weke gelede skielik ernstig siek geword en was vir ‘n week in die intensiewe sorgeenheid van ‘n hospitaal in Polokwane, waar sy Saterdag (26 Mei) gesterf het.

Sy word oorleef deur haar eggenoot, haar seun en twee van haar dogters, Debbie en Delene, tesame met nege kleinkinders.

Die begrafnisdiens begin Donderdag om 12.30. Ná afloop van die begrafnis, sal tee bedien word in die Vrymesselaarssaal in Munnikstraat.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines