

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 June 2007
Rypskade van miljoene rand is die afgelope weke veroorsaak oor groot dele van die Limpopo Provinsie.
In die Soutpansberg-area is enorme skade aangerig aan veral aartappel- en tamatie-oeste, terwyl verskeie ander winteroeste ook erg deurgeloop het.
In die omgewing van Waterpoort en Vivo is aartappel- en boontjie-oeste op sommige plase heeltemal vernietig, terwyl die meeste ander ook groot skade gely het. Boere in die omgewing van Alldays het eweneens groot verliese gely.
Van die boere langs die Limpopo het die meeste hul hele tamatie-oeste verloor, terwyl veral opkomende boere wat fabriekstamaties in die Tshipise-vallei verbou, eweneens die grootste gedeelte van hul oeste kwyt is.
Waarnemers sê dat die uitwerking van die jongste rypskade binne die volgende maand of twee duidelik gevoel sal word, wanneer groentepryse weens die groot tekorte noodwendig drasties sal styg.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
