ADVERTISEMENT:

 

Eksamens gaan voort te midde van stakings

 

News  Date: 15 June 2007

 

By die hoërskole op Louis Trichardt en Musina het eksamens vandeesweek normaal verloop, ongeag die landwye stakings waarby skole ook betrek word.

By die Hoërskool Louis Trichardt het die meeste van die leerlinge opgedaag vir die eksamens.

Volgens die skoolhoof, mnr. Henry Denner, is ‘n bywoningsyfer van meer as 99% gehandhaaf en sal spesiale reëlings getref word vir die enkele leerlinge wat weens die staking nie by die skool kon uitkom nie.

Skoolouers is die afgelope week versoek om hul kinders met siviele drag skool toe te stuur, nadat van die kinders gesê het dat hulle in hul skooldrag by taxistaanplekke gekonfronteer is. Die reëling word getref om die leerlinge, wat merendeel van woonbuurtes buite die dorp kom, te beskerm. Soortgelyke reëlings is ook by ander skole in die gebied van toepassing.

Die skoolhoof by Eric Louw op Musina, me. Cobie Mostert, het by navraag gesê daar was geen ontwrigting nie en alles verloop heeltemal normaal met die eksamens by die skool.

"Alles is rustig. Die kinders gaan normaalweg voort met die eksamens en daar is ook min personeel wat afwesig is."

Woensdag was daar sprake van ‘n taxistaking en ‘n protesoptog op Musina, maar dit het die skool geensins geraak nie.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines