ADVERTISEMENT:

 

Shilo Place babahuis se huismoeder, Theresa de Beer, by die eerste dogtertjie wat haar opwagting verlede week gemaak het.

Shiloh in pienk getooi vir eerste dogtertjie

 

News  Date: 22 June 2007

 

Die Shiloh projek vir babas in nood is goed aan die gang en die eerste dogtertjie het verlede week haar opwagting gemaak.

Te midde van groot opgewondenheid is al die pienk kleertjies en speelgoedjies te voorskyn gebring met die aankoms van die eerste babadogtertjie. Hierdie week Maandag het nog ‘n dogtertjie haar heenkome by Shiloh gevind, sodat daar tans drie seuntjies en twee dogtertjies versorg word.

Shiloh Place babahuis in Munnikstraat is ‘n deurgangshuis vir babas wat verlate is, wees gelaat is, of gered is van aborsie en val onder die AGS Welsynsraad se uMephi-projek.

"Shiloh is slegs ‘n halfweghuis vir die babas. Die heel eerste baba, ‘n seuntjie, is reeds weer uit en ek ondersoek die moontlikheid dat drie van die babas uitgeplaas kan word. Intussen is daar sowat vyf aanmeldings wat wag. Die projek is nou goed op dreef," sê die maatskaplike werker verbonde aan die pojek, me. Trinette Claasens.

Huismoeder Theresa de Beer sê dat om die babatjies lief te hê, baie vervullend is. "Om te sien hoe die babatjies op liefdevolle versorging reageer, is wonderlik. Dit is nie net ‘n werk nie, al is dit harde werk. Ek voel dat die Here my hier geplaas het," sê Theresa.

Die projekbestuurder en vrywillige werker, Linda Dunhin, sê dat die babatjies binne ‘n paar dae aanpas en baie gelukkig lag en speel. Hulle is ook dankbaar vir al die donateurs. "Dit is ‘n uitdagende taak om toe te sien dat daar elke week genoeg doeke, melkformule en Purity babavoedsel is," sê Linda.

Huismoeder Theresa sê dat dit ‘n hartseer saak is om weer van die babas afskeid te neem. Intussen is die een dogtertjie en haar geliefkoosde poppie reeds onafskeidbaar.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines