ADVERTISEMENT:

 

Naby die ingang van die dorp pryk reeds ‘n naaambord wat herstel is van Makhado na Louis Trichardt. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk, SANPAB, aan hulle kontrakteurs instruksie gegee het om die naamborde na Louis Trichardt te verander.

Naamborde is weer aan die verander

 

News  Date: 29 June 2007

 

Naby die ingang van die dorp pryk reeds ‘n naambord wat herstel is van Makhado na Louis Trichardt.

Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk, SANPAB, aan hulle kontrakteurs instruksie gegee het om die naamborde na Louis Trichardt te verander. Die appélhof het op 29 Maart vanjaar uitspraak gegee dat die verandering van die dorp se naam na Makhado ter syde gestel word.

Daar is ook ‘n naambord naby Polokwane op die Louis Trichardt pad wat aanduiding gee dat die proses van die herstel van die naamborde na die dorp begin het.

SANPAB se bestuurder van hierdie projek, mnr. Danie Venter, het op 26 Junie gesê dat die instruksie definitief uit is na die agente van die kontrakteurs wat instandhouding vir SANPAB doen. "Van hulle het al begin, maar ek weet nie presies wat die vordering is nie," het mnr .Venter gesê. Waar die naambord ‘n nuwe padteken is wat die afgelope twee jaar opgesit is, moet die bord met Makhado op, ‘n oorlegplaat kry met Louis Trichardt op. "Om die nuwe plate te maak, gaan ‘n tyd vat," het Venter gesê.

In reaksie op die herstel van die eerste naamborde, het mnr. André Naudé van die Voorsittersvereniging gesê dat die borde verander is ingevolge die wet. "Die reg van die land het so beveel en as dit nie verander word nie, sal dit as minagting van die wet beskou kan word," het hy gesê.

Op die naambord net noord van die kruising van die N1 en die pad na Thohoyandou is die naam wel terugverander na Louis Trichardt, maar die swart spuitverf gesiggie is nog steeds sigbaar.

Die projekbestuurder het gesê dat sulke spuitverwery net die belastingbetaler se geld mors. Ander spanne van die kontrakteurs moet uitkom om die spuitverf af te haal. "Jy kan dit nie met enige middel skoonmaak nie. Die plate is van plastiek met ‘n spesiale weerkaatsingsmateriaal bo-oor geplak. Die skoonmaakmiddel moet sodanig wees dat dit die swart spuitverf afhaal, maar nie die plastiekplate en die weerkaatsingsmateriaal beskadig nie. Hulle doen niemand ‘n guns om die borde so te verf nie," sê die projekbestuurder. Hy sê dat die borde op die paaie met die oranje, wit en blou agterop geverf, met grys verf toegeverf moet word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines