

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 June 2007
Joseph Salem van die Mara-omgewing het Maandag met die aanvang van sy verhoor in die streekhof in Louis Trichardt skuldig gepleit op ‘n klag van strafbare manslag.
Salem is oorspronklik aangekla van moord, maar die streekhof het Maandag die pleit van strafbare manslag aanvaar en Salem skuldig bevind.
Die klag teen Salem spruit voort uit ‘n bakleiery waarin hy en sy vrou betrokke was, Salem het haar gestamp en sy het bo-op die kind geval. Die kind is in dié voorval klaarblyklik noodlottig beseer.
Die hof het Maandag vir Salem ‘n vonnis van ‘n R10 000 boete of vyf jaar gevangenisstraf opgelê.

ADVERTISEMENT:
