

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 July 2007
Twee insittendes van ‘n private helikopter is beseer toe dit vandeesweek op die kruin van die Soutpansberg, oos van Tshikwarani, in Kutama neergestort het.
Min besonderhede is bekend van die ongeluk wat Dinsdagoggend plaasgevind het. ‘n Polisiehelikopter moes gebruik word om die beseerdes van die berg af te bring, aangesien die ongelukstoneel nie per voertuig bereik kon word nie. Die twee beseerdes is afgevoer na Polokwane vir mediese behandeling.
Volgens die eerste berigte het die private helikopter van Hoedspruit af gekom.
Teen druktyd was die name van die beseerdes, die aard van hul beserings en inligting oor die omstandighede van die ongeluk nog nie beskikbaar nie.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
